Outeniqualand Gemeente

My blogs

About me

Industry Religion
Location George, Western Cape, South Africa
Introduction Ons gemeente het op 17 Junie 1950 van die Moedergemeete George afgestig met 364 lidmate, die meerderheid waarvan op plase en by Jonkersberg Bosbouplantasie gewoon het. Mettertyd het die strandgebied gegroei en bosboubedrywighede het afgeneem terwyl die bevolking van die strandgebied aangegroei het. Tans het die gemeente sowat 500 lidmate en bestaan uit 19 wyke met ±268 besoekpunte (5 plaaswyke). Vakansiegangers by Glentana het in die beginjare spontaan eredienste gereël onder melkhoutbome en op stoepe. In 1958 word 'n "afdak" gebou vir kerkdoeleindes en in 1990 die huidige Kobus Hattinghsaal. Die gemeente onderhou 'n kleuterskool vir die kinders van plaasarbeiders en het 'n voltydse geestelike werker wat werksaam is in die plaasgemeenskap van ons gemeente asook VGK gemeentes van Blanco, Friemersheim, Grootbrak en die Congregational Church Grootbrak. Ons het ook samewerkingsprojekte met Friemersheim-gemeente ten opsigte van kanselruiling, gesamentlike nagmaalsvieringe, finansiële bystand, behulpsaam met kantooradministrasie, uitreik na jeug, asook hul kermisprojek.